Kenner sê oor Bitcoin wat US$200 000 vanjaar kan bereik
Bitcoin het meer as verdubbel in 2024, en het in Desember 100 000 Amerikaanse dollar bereik. Die vooruitsig van Donald Trump terug in die Withuis het ook ‘n byna 50 persent styging in ether, die tweede grootste kripto-geldeenheid, tot gevolg gehad. Die kripto-sektor se markwaarde het tot sowat 3,5 triljoen Amerikaanse dollar gestyg en volgens ontleders kan Bitcoin tot 200 000 dollar aan die einde van 2025 klim. Reaksie is ontvang van Coenie Botha, die uitvoerende hoof van CBI Exchange, wat sy verwagtinge vir Bitcoin uiteensit.