Boer bepleit vir Starlink, broodnodig vir landbou se modernisering

‘n Deeltydse boer en elektroniese ingenieur van die afgeleë Karasberge, Peet van Staden, het ‘n brief aan die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, gestuur oor die uitdagings van swak internettoegang en die behoefte aan beter konnektiwiteit om boerdery te moderniseer en landelike lewensbestaan te verbeter. Bestaande satelliet-internetdienste is duur, onbetroubaar en onvoldoende vir landelike behoeftes. Van Staden beklemtoon die transformerende potensiaal van Starlink, ‘n hoëspoed-satelliet-internetdiens, wat weens regulatoriese hindernisse nie in Namibië beskikbaar is nie. Hy moedig Cran aan om die goedkeuring van oplossings soos Starlink te prioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Staden gesels.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *