ATM boos oor mislukte operasie by Pelonomi
Die African Transformation Movement eis geregtigheid en vergoeding nadat ‘n pasiënt na bewering komplikasies ontwikkel het ná ‘n mislukte operasie by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat. Die party het die hospitaal se bestuur gekritiseer en beweer hulle was nalatig en het versuim om behoorlike sorg te verskaf. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, eis aanspreeklikheid van die provinsiale Departement van Gesondheid en vra verder ‘n opknapping van die gesondheidsorgstelsel om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom: