Arbeidskenner sê oor Angola wat 282 000 werksgeleenthede skep
Reaksie word ontvang op berigte dat Angola tussen Januarie en November 2024, net minder as 282 000 nuwe werksgeleenthede geskep, wat ‘n groei van 2,1 persent op ‘n jaargrondslag verteenwoordig. Die mees prominente sektore was handel, konstruksie en eiendom. Volgens die Employment Survey in Angola het die indiensnemingskoers van die bevolking van 18 jaar en ouer van 66 persent in die eerste kwartaal tot 67,4 persent in die tweede kwartaal toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner gepraat oor die syfers en die plaaslike uitdagings.