Seun, 17, doelloos doodgesteek

‘n 18-jarige man van die Ncamagoro-nedersetting in Kavango Wes sal vandag in die hof op klagte van moord verskyn. Dit kom na die 17-jarige Shinkanda Batista op Oujaarsaand dood is na hy verskeie kere gesteek is. Adjunkkommissaris Johannes Kudumo sê dat die verdagte deel van ‘n groep was wat wou aansluit by ‘n partytjie by ‘n privaatwoning. Batista is opdrag gegee om hulle te keer maar, hulle het hom oorval en by die erf ingegaan. Die laaste persoon wat ingekom het, het ‘n okapi-mes uit sy sak gehaal en Batista doodgesteek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *