Opuwo vorder goed met behuising
Die Opuwo-dorpsraad sê hy het in 2024 groot vordering gemaak met behuisingsontwikkeling en dienslewering. Die raad se ondersteuningsbeampte Gebhardt Makono, sê tot dusver is meer as 300 erwe aan die Shack Dweller’s Federation toegeken en saam met die Build Together-program is 30 huise reeds oorhandig. Gedurende die jaar is meer as 150 huise vir lae-inkomsteverdieners gebou. Daar is ook vordering met bykomende watervoorsiening vir die dorp en tenders vir twee nuwe boorgate is reeds uitgesit.