Ontleders voorspel Bitcoin op US$200 000 teen einde 2025
Bitcoin het meer as verdubbel in 2024, veral aangevuur deur Donald Trump wat na die Withuis terugkeer. Die wêreld se grootste en bekendste kripto-geldeenheid het in Desember 100 000 Amerikaanse dollar bereik. Die meer as 120 persent oplewing in Bitcoin en ‘n byna 50 persent sprong in ether, die tweede grootste kripto-geldeenheid, het die sektor se markwaarde tot ongeveer 3,5 triljoen Amerikaanse dollar aangedryf. Ontleders meen dat Bitcoin ‘n siklus-hoogtepunt van 200 000 dollar aan die einde van 2025 sal bereik.