Zim-doodstraf afgeskaf

Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa het ‘n wet goedgekeur wat die doodstraf in die land met onmiddellike effek afskaf. Regtegroep Amnesty Internasionaal het die besluit as ‘n baken van hoop vir die afskaffingsbeweging in die streek verwelkom, maar het spyt uitgespreek dat die doodstraf tydens ‘n noodtoestand heringestel kan word. Zimbabwe het laas in 2005 ‘n teregstelling uitgevoer, maar sy howe het voortgegaan om die doodvonnis vir ernstige misdade soos moord uit te spreek. Ongeveer 60 mense was aan die einde van 2023 ter dood veroordeel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *