Spaanse owerhede vind 7 ton kokaïen ondergronds geberg

Spaanse owerhede het beslag gelê op 7 ton kokaïen wat ondergronds in seevraghouers op ‘n plaas geberg is, en drie vermeende smokkelaars aangekeer. Die polisie het opgetree toe hulle op twee verdagte snelbote afgekom het by die monding van die Guadalquivir-rivier. Die bote is teruggespoor na ‘n landgoed in die munisipale gebied Coria del Rio, suid van die stad Seville, waar die verdagtes die dwelms in twee ondergrondse houers versteek het. Die polisie het ook beslag gelê op drie wapens, insluitend ‘n AK-47-aanvalsgeweer, en twee gesteelde voertuie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *