Suid-Korea-vlugramp ergste ooit in land, 179 dood
Sondag se vliegongeluk in Suid-Korea word beskryf as die land se ergste binnelandse burgerlugvaart-ramp. Twee mense het oorleef en 179 is dood toe die vliegtuig van Jeju Air van die aanloopbaan geloop het met landing uit Bangkok in Thailand. Dit het teen ‘n muur vasgejaag en in vlamme uitgebars. Twee bemanningslede is lewend uit die wrak gehaal. Die meeste van die 175 passasiers en ses bemanningslede was burgers van Suid-Korea. Die tragedie word toegeskryf aan ‘n botsing met voëls of landingstoerusting wat nie gewerk het nie.