Dwelms van N$25 000 in drie dae gevindDecember 29, 2024

Dwelms blyk om ‘n toenemende probleem in die land te word. Die Namibiese polisie het oor die drie Kersdae dwelms ter waarde van amper 25 000 Namibiese dollar regoor die land gekonfiskeer. Op Lüderitz is vier mans in drie afsonderlike gevalle betrap met dagga en kokaïen na ‘n spesiale operasie. Op Otjimbingwe is twee mans vas na ‘n dagga vonds en in nog ‘n geval is ‘n vrou gearresteer na meer as 18 000 dollar se dagga in haar huis gevind is. Op Oshakati is ‘n man gevind met dagga ter waarde van 2 300 dollar.

One thought on “Dwelms van N$25 000 in drie dae gevind

  1. I’m extremely impressed together with your writing skills and also with the structure for your blog. Is that this a paid theme or did you customize it yourself? Anyway keep up the excellent high quality writing, it is uncommon to see a nice blog like this one nowadays!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *