Russiese lugverdediging het glo passasierstraler afgeskiet

Die Azerbaijan Airlines-vliegtuig wat op Kersdag neergestort het, is glo deur ‘n Russiese lugverdedigingstelsel afgeskiet. Die Embraer 190-passasierstraler was onderweg van Azerbeidjan se hoofstad Bakoe na die Russiese stad Grozny en het ‘n paar kilometer van Aktau in Kazakstan neergestort. Daar was 67 mense aan boord, met 38 slagoffers en die res beseer. Volgens Reuters beweer ‘n Azerbeidjanse bron die voorlopige ondersoekuitslag toon dat ‘n Russiese Pantsir-S-lugverdedigingstelsel die vliegtuig getref het. ‘n Annonieme Amerikaanse amptenaar het dit bevestig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *