Rome se ikoniese Trevi-fontein opgeknap, heropen
Die ikoniese Trevi-fontein in Rome is heropen na drie maande se opknappingswerk, net betyds vir die begin van die Jubileum-Heilige Jaar. Die werk aan die 18de eeuse gedenkteken, een van die Italiaanse hoofstad se vernaamste trekpleisters, het 6,3-miljoen Namibiese dollar gekos. Besoekers sal nou aanlyn moet bespreek en sowat 40-dollar betaal vir ‘n besoek van 30-minute. Die tradisie om ‘n munt in die fontein te gooi lewer jaarliks 28-miljoen dollar op, wat die afgelope 15-jaar reeds aan ‘n welsynsorganisasie geskenk word.