Instituut wanbestee glo R17-miljoen se Lotto-geld
Die Liggaamlike Opvoedingsinstituut van Suid-Afrika word ondersoek omdat hy nie kan verduidelik wat geword het van 17,6-miljoen-rand wat die Nasionale Loteryekommissie tussen 2019 en ’21 oorbetaal het nie. Die fondse is bewillig vir sportbyeenkomste, maar daar bestaan geen bewyse hierdie geleenthede het wel plaasgevind nie. Volgens News24 het die Spesiale Ondersoekeenheid afgekom op vae begrotingstoewysings sonder duidelike besonderhede oor spanne of kompetisies.