Biden kanselleer studielening-skuld van N$79-miljard
Die Amerikaanse president, Joe Biden sê hy het ‘n bykomende 55 000 Amerikaners se studentelenings gekanselleer. Dit is die uitwissing van byna 79-miljard Namibiese dollar se skuld in sy laaste maand in die amp. Die massa skuldkansellasie is van toepassing op onderwysers, verpleegsters, wetstoepassers en ander staatsdienswerkers wat hul lewe daaraan wy om aan hul gemeenskappe terug te gee. Met die nuwe begunstigdes beteken dit byna vyf-miljoen mense is goedgekeur vir skuldverligting tydens Biden se administrasie.