Frankryk se staatskuld nou 113,7% van BBP

Frankryk se staatskuld het in die derde kwartaal verder gegroei, ‘n verdere uitdaging vir die nuwe eerste minister, Francois Bayrou, wat besig is om ‘n regering te benoem. Die Eurosone se tweede grootste ekonomie het 1,4-duisend-miljard Namibiese dollar by sy berg skuld gevoeg. Staatdiens-skuld verteenwoordig 113,7-persent van die bruto binnelandse produk in die tydperk tussen Julie tot September, aansienlik meer as die 60-persent-perk van die Europese Unie. Bayrou sê hy hoop om teen die naweek, of op die laatste teen Kersfees ‘n regering te benoem om die land uit sy politieke dilemma te lei.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *