Prasa-baas vies vir Cyril

Die voormalige voorsitter van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Popo Molefe, sê hy is gegrief deur die opmerkings wat president Cyril Ramaphosa oor hom by die staatskapingskommissie gemaak het. Ramaphosa het aan die kommissie gesê Molefe het versuim om teen korrupsie by die staatsbeheerde vrag- en spoorweginstelling op te tree. Molefe sê hy het Ramaphosa en die res van die ANC se top ses genader met inligting toe hy Prasa probeer regruk het: