Einde van ‘n era: Laaste Beeld ooit vandag op straat in SA
Vanoggend het die Afrikaanse dagblad Beeld vir die laaste keer op straat verskyn na sy eerste uitgawe op 16 September 1974. Rapport, wat in 1970 gestig is, en uit Die Beeld as Sondagkoerant gebore, sal die naweek sy laaste keer op straat verskyn. Dit is in werklikheid, die einde van ‘n era. Daar is uitdagings regoor die wêreld met gedrukte media en aanlynkoerante raak al hoe meer gewild. Ben Roodtman van die Suid-Afrikaanse Persklub sê hy hoop dat aanlynpublikasies nou die nodige ondersteuning sal ontvang.