LPM sê daar is ongerymdhede opgemerk, en inspeksietyd was te kort
Die twee-dag inspeksie van verkiesingsmateriaal is Donderdagmiddag voltooi maar, die LPM, wat een van die hofaansoekers was, sê daar was nie genoeg tyd nie. Die party se woordvoerder Lifalaza Simataa sê amptenare van die Verkiesingskommissie was nie altyd hulpvaardig nie en, ongerymdhede is gevind.