Ekonoom sê oor Januarie-brandstofprys

Die Automobiel Assosiasie in Suid-Afrika het aangekondig dat middel van die maand data van die Sentrale Energiefonds ‘n effense petrolprysstyging vir Januarie 2025 aandui. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê loodvrye petrol kan geringe stygings van tussen 4 en 11 sent per liter sien, terwyl dieselpryse na verwagting met 3 sent sal daal en paraffien met 14 sent. Mavimbela skryf die verlagings toe aan laer internasionale produkpryse aan die einde van die vorige maand en ‘n sterker rand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, oor sy voorspelling vir Namibië se brandstofpryse in Januarie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *