Afname in besigheidsregistrasies geen verrassing: kenner
Die afgelope jaar het besigheidsregistrasies in Namibië met 34 persent afgeneem. Volgens die Bank van Namibië se kwartaallikse verslag dien besigheidsregistrasies as ‘n leidende aanwyser van toekomstige ekonomiese aktiwiteit, en die afname dui op ‘n verlangsaming in ekonomiese prestasie. Op ‘n kwartaalgrondslag het nuwe besigheidsregistrasies met 14,3 persent gedaal, volgens die verslag. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gesels, wat sê hy is nie verras nie.