Maharaj uit, Fortuin in vir Proteas
Krieket: Björn Fortuin vervang die beseerde draaibouler, Keshav Maharaj, in die Proteas se groep vir die oorblywende twee eendagwedstryde teen Pakistan. Maharaj het Dinsdag sy lies beseer tydens opwarming voor die eerste eendagwedstryd in die Paarl en dit is later deur ʼn skandering bevestig. Hy is steeds in die groep vir die twee toetse, waarvan die eerste een volgende Donderdag in Centurion begin. Die tweede eendagwedstryd vind vandag op Nuweland in Kaapstad plaas en die laaste een Sondag op die Wanderers in Johannesburg.