Nawa help nie net diere nie, maar voed kinders op in die verband

Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, bekend as Nawa, het uiteindelik ‘n deurbraak gemaak toe die skoolhoof van die Groot Aub Primêre Skool ingestem het om die Caring Classrooms-sillabus te implementeer. Junior primêre onderwysers sal volgende week die Caring Classrooms-sillabus vanaf graad R tot graad 3 vir die res van die jaar implementeer en moontlik sal dit volgende jaar na hoër grade uitgebrei word. Heather Craemer, stigter en voorsitter van die vereniging verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat die sillabus behels.