Daar’s ‘n mieliekrisis in die SAOG-streek
Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Internasionale Boere-organisasie, het kommer uitgespreek oor die mieliekrisis in die SAOG-streek, waar miljoene honger in die gesig staar weens ‘n geskiedkundige droogte. Die Wêreldvoedselprogram voorspel dat die krisis sal vererger tot die volgende oeste in Maart of April 2025. De Jager sê Zimbabwiese boere kon nie mielies plant nie aangesien dit eers onlangs begin reën het en boere wend hulle nou na sorghum. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. De Jager gesels, wat die situasie verduidelik.