Mobiele-TV baie gewilder as satelliet in Namibië

In sy 2023 marksektor-verslag het die kommunikasie owerheid, Cran, ‘n oorsig gegee van Namibiërs se verkose televisie-dienste. MultiChoice is die enigste verskaffer van satelliet televisie-dienste in Namibië. Cran sê oor die afgelope paar jare het satelliet-TV-intekenaars vlakke net bo 100 000 gehandhaaf. Daarteenoor het digitale mobiele en terrestriële TV soos Netflix aansienlik toegeneem en het 200 000 intekenare verbygesteek. Dit weerspieël ‘n groeiende voorkeur vir meer buigsame en toeganklike opsies onder verbruikers. Hierdie tendens beklemtoon ‘n verskuiwing in die mark namate gehore toenemend na digitale en mobiele platforms benut vir hul behoeftes. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *