Wateronderbrekings op Mariental
Plaaslike berigte lui dat daar uitdagings is met wateronttrekking by die Hardapdam wat verskeie gemeenskappe in Mariental nou onbepaald sonder water gelaat het. Die munisipaliteit het te kenne gegee dat die Aimablaagte en Empelheim woonbuurte geraak word. Die dam is tans op ‘n skamele 5,7 persent en onttrekking sal al hoe meer uitdagend word namate vlakke verder daal. Volgens die jongste dambulletin is daar 374 000 kubieke meter water in ‘n week onttrek, die groter meerderheid vir die suiwel- en varkaanlegte.