Radio bly gewildste bron vir inligting in Namibië
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid, Cran, se jongste verslag toon dat radio steeds die top-inligtingsbron is in Namibië. Rondom 45 persent van Namibiërs gebruik radio as hoofbron vir inligting teenoor 36 persent wat televisie gebruik. In stedelike gebiede vertoon radio steeds uiters goed op 49 persent teenoor 55 persent wat televisie verkies en in landelike gebiede maak 41 persent van inwoners staat op radio teenoor 16 persent wat TV gebruik.