Brandstofprys styg in SA in Januarie
Die Automobiel Assosiasie sê ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds toon stygings en dalings in brandstofpryse vir Januarie. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê die inligting toon ‘n effense styging in die prys van 93-oktaan loodvrye brandstof met ‘n daling in diesel- en paraffienpryse. Op grond van die inligting gaan 95-oktaan loodvrye brandstof met ongeveer drie-sent per liter styg, met 93-oktaan wat waarskynlik met 11-sent per liter gaan styg.