SAN pleit vir N$13,50 uurlikse minimumloon

Jou sekuriteitskoste gaan in die nuwe jaar styg. Dit kom na die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Sekuriteit Arbeidsforum ‘n ooreenkoms onderteken het vir ‘n minimumloon van 13 dollar 50 per uur, op van 8 dollar 75. Die vereniging sê hy het die aansoek aan die arbeidsministerie gestuur en verwag teen môre ‘n antwoord. Indien dit van die hand gewys word, sal die bepaalde minimumloon van 18 dollar ‘n uur in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru van die vereniging gepraat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *