EIA-studies: Mufeti sê mense wys net vingers en doen niks
Reaksie word ontvang op ‘n verslag deur die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging. Dit wys verskeie skuiwergate in omgewingsimpak studies uit en dui aan dat die proses onvoldoende is, daar nie genoeg oorsig is nie en die wet oortree word deur omgewingspraktisyns. Die vereniging versoek die kommissaris om sy pligte op ‘n professionele en deursigtige wyse uit te voer, met die klem op sy rol om die belange van alle Namibiërs te dien. Omgewingskommissaris Timotheus Mufeti het sy reaksie so verwoord.