Mangione formeel in New York aangekla
ʼn New Yorkse groot jurie het Luigi Mangione aangekla na die moord op UnitedHealthcare se uitvoerende hoof, Brian Thompson. Die 26-jarige Mangione staar elf aanklagte in die gesig, insluitend moord in die eerste graad, en twee van moord in die tweede graad waarvan een as terrorisme beskryf word. Manhattan se distriksaanklaer, Alvin Bragg, sê Mangione sal Donderdag in die hof verskyn om te bepaal of hy aan New York uitgelewer sal word: