Tiger en sy seun Charlie sal die naweek saamspeel
Kort nadat hy gesê het hy weet nie wanneer hy weer mededingend sal kan speel nie, het Tiger Woods bekendgemaak hy sal hierdie naweek aan die PNC-kampioenskap deelneem saam met sy seun, Charlie. Woods het aan verlede week se Hero World Challenge in die Bahamas onttrek terwyl hy steeds rehabilitasie ondergaan na ʼn rugoperasie. Die PNC-kampioenskap in Orlando, Florida, bestaan uit 20 tweespel-majorkampioene en familielede. Ander wat saam met hulle seuns sal deelneem is John Daly, Nick Faldo, Justin Leonard, Vijay Singh, Lee Trevino en Padraig Harrington.