Gesondheidministerie sê sy data is veilig
Die kuberveiligheid dreigemente in Namibië duur voort. Die gesondheidministerie het sekere dreigemente deur kuberkrakers wat op sosiale media die rondte gedoen het, bevestig. Kuberkrakers wil inligting wat van die ministerie verkry is aan die hoogste bieërs beskikbaar stel, en wil in Bitcoin betaal word. Volgens Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, is toegang slegs tot die paneelbord van die Farmaseutiese Inligtingstelsel verkry, en die gevaar is hokgeslaan.