Lebombo verloop op die oomblik glad
Die Grensbestuursowerheid sê bedrywighede by die Lebombo-grenspos verloop glad terwyl vakansieverkeer toeneem. Die grens het die afgelope weke ontwrigtings ondervind weens betogings ná die onlangse Mosambiekse verkiesing. Dit het tot uitermatig lang rye vragmotors aan die Suid-Afrikaanse kant van die grens gelei, wat ‘n groot verkeersopeenhoping veroorsaak het. Mmemme Mogotsi van die owerheid sê die prosessering van vrag aan beide kante is weer normaal: