Nampu verwelkom, maar wat van vryskut-joernaliste? 

Die Namibiese mediawerkers-vakbond, Nampu, is na drie jaar se aansoeke amptelik geregistreer. Die eerste aansoek om registrasie vanjaar by die arbeidskommissie, wat glo die proses deur die jare vertraag het, is afgekeur is op grond van tegniese aspekte. Die vakbond is egter Vrydag suksesvol geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zoe Titus, die direkteur van die Namibiese Mediatrust, wat die stap verwelkom maar sê vryskut-joernaliste is steeds kwesbaar. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *