Djokovic speel dalk nie meer deeltyds

Tennis: Dit wil voorkom asof Novak Djokovic in 2025 in meer toernooie wil speel nadat hy homself skynbaar bedink het om voortaan net deeltyds tennis te speel. Djokovic het dit duidelik gemaak dat hy motivering gekort het om vir die grootste deel van 2024 in meer toernooie as net die Grand Slam-toernooie te speel. Onverwagse nederlae op die ATP-toer het bewys fokus ontbreek by hom. Hy het verskeie toernooie misgeloop waaraan hy na verwagting sou deelneem en sy seisoen het geëindig toe hy hom weens ʼn besering aan die ATP-eindtoernooi onttrek het.