Onwettige ruilhandel in vee wek kommer

Klagtes het na vore gekom oor die onwettige ruil van verse uit Zambië vir osse uit Namibië oor die Zambezirivier. Dit behels die beweging van vee tussen die twee lande sonder behoorlike regulasies. Daar is ‘n beroep op veeartsenybeamptes gedoen om in te gryp, aangesien dit potensiële risiko’s vir dieregesondheid en biosekuriteit in beide lande inhou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zambezi goewerneur Lawrence Sampofu, wat inwoners vra om nie by die onwettige bedryf betrokke te raak nie.