Dis Versoeningsdag in Suid-Afrika
President Cyril Ramaphosa is vandag die hoofspreker op die viering van Nasionale Versoeningsdag in Vredendal in die Wes-Kaap. Vanjaar se tema: ‘Heel van Historiese Wonde en Smee Nuwe Toekomste’, lig versoening, eenheid en maatskaplike saamhorigheid uit. Die vakansiedag is in 1995 ingestel om rasseharmonie aan te moedig en herdenk Suid-Afrika se demokratiese reis. Die Presidensie sê die geleentheid sal herdenking aan die verlede, die erkenning van veterane en ‘n fokus op heling en nasiebou insluit.