SAPD, FBI werk saam teen kinderpornografie in Gauteng

Gesamentlike operasies tussen die SAPD, die Amerikaanse FBI en die Amerikaanse Homeland Security het gelei tot die arrestasie van twee verdagtes vir seksuele voorbereiding, en die besit, aflaai, vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie in verskillende dele van Gauteng. Drie slagoffers is tot dusver positief geïdentifiseer, ‘n verdere ses slagoffers moet nog opgespoor word. SAPD-woordvoerder Amanda van Wyk het meer.