Eskom nog nie by Matla-ontploffing toegelaat

Die groep-uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane, sê die kragsnutsmaatskappy wag op die goedkeuring van die arbeidsdepartement om toegang te kry tot die gebied van die ontploffing by die Matla-kragstasie in Mpumalanga vir verdere ondersoeke. Nege werknemers is in die hospitaal opgeneem, een is kritiek beseer en twee is ontslaan. Eenheid 6 van die kragstasie is beskadig, en eenheid een is vir veiligheid uit bedryf gestel. Marokane het die media toegespreek en gesê ‘n verlies aan energie kon die ontploffing veroorsaak het, maar dit is onbeslis.