Kaapstad se see-rioolstorting het ActionSA boos
ActionSA sê hy is gekant teen die moontlikheid dat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing verdere permitte aan die Stad Kaapstad toestaan om riool in die see te stort. Die metro stort tans daagliks meer as 30-miljoen-liter onbehandelde riool in die see aan die Atlantiese kus. Sam Mgobozi van ActionSA sê die metro het herhaaldelik versuim om by die daaglikse limiet te hou waarvoor sy bestaande stortingspermitte voorsiening maak.