Finansiële stelsel is gesond – BoN

Die Namibiese finansiële stelsel bly stabiel, gesond en veerkragtig ten spyte van globale en plaaslike makrofinansiële onsekerhede. Die Bank van Namibië se Makropudentiële Oorsigkomitee risiko’s het kwesbaarhede beoordeel en bevestig dat die bank- en nie-banksektore voldoende kapitaal- en likiditeitsbuffers handhaaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naufiku Hamunime, die bank se waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge, wat meer inligting gee.