Trump sê nee vir die gebruik van VSA-wapens op aanvalle op Russiese grondgebied

Die verkose president Donald Trump het in ‘n onderhoud gesê dat hy nie saamstem met die Oekraïne wat Amerikaans-voorsiene missiele diep in Rusland afvuur nie. Hy sê die oorlog word op die manier ge-eskaleer en dit het geen voordeel nie. Maar, hy het daarop aangedring dat hy nie die Oekraïne sal laat vaar nie, aangesien Amerikaanse steun vir Kiëf ‘n belangrike hefboom sal wees in pogings om die oorlog tot ‘n einde te bring. President Joe Biden het onlangs, saam met Brittanje, toestemming aan die Oekraïne gegee om sy missiele op Russiese grondgebied te gebruik.