Lasbriewe vir 148 000 bestuurders

Die Namibiese polisie sê daar is 148 000 bestuurders met uitstaande boetes van 170,8 miljoen Namibiese dollar. Volgens kommissaris Petrus Swartz van NamPol se verkeersafdeling is daar landswyd lasbriewe vir bestuurders met uitstaande boetes en alle padblokkades sal hiervoor uitkyk. Bestuurders sal dan gearresteer word en vervolg word vir minagting van die hof. Volgens Swartz is die hoogste getalle lasbriewe vir bestuurders in Khomas, Otjozondjupa, Oshana, Omusati en Erongo