Luiperd-getalle verdriedubbel in Kafue-park
Die getal luiperds het verdriedubbel in die wêreld se grootste bewaringsgebied, die Kafue-nasionale park in Zambië. Die park spog tans met 4,4 luiperds per 100 vierkante kilometer. Die park maak gebruik van kameras om die diergetalle te monitor, asook slimmer teen-stropingspatrollies en GPS-toestelle op witrugaasvoëls om op te tree as ‘n vroeë waarskuwingstelsel vir potensiële stropery. Hierdie stappe het ook gelei tot ‘n ommekeer in die afname van die leeubevolking. Luiperds word gelys as kwesbaar op die Internasionale Unie vir Natuurbewaring se rooilys van bedreigde spesies.