Presidensie werk aan oorgang na nuwe bedeling

Die minister in die presidensie, Christine ǁHoebes, het die ministeriële opdatering vir die jaar by die regering se inligting-deelsessies gegee. ǁHoebes het verskeie projekte uiteengesit wat die ministerie afgesluit het, soos die Groenwaterstof-program sowel as die Staatsrede en die Streeksredes. Tydens die aankondiging het ǁHoebes gesê dat die ministerie besig is met die oorgang na die nuwe presidensie.