Familie van VSA-joernalis Tice, soek hulp om hom in Sirië op te spoor
Die bevryding van Sirië was nie net ‘n groot oomblik vir Siriërs self nie maar ook die familie van die Amerikaanse joernalis Austin Tice wat ongeveer 12 jaar gelede deur owerhede in daardie land gearresteer is. Die familie doen ‘n beroep op Amerikaanse owerhede om te help om hom op te spoor en te repatrieer. Sy suster, Abigail Edaburn het met Sky News gepraat. Sy sê haar broer lewe.