Sportministerie is honger…
Die Tender Bulletin berig dat 12 persent van die 7 167 tenders wat vanaf 1 Januarie tot 19 November uitgegee is, vir kos en versnaperings was. Die groter meerderheid van die 856 tenders was vir kos tydens werkswinkels, geleenthede en vergaderings. Die publikasie berig dat die onderwysministerie die meeste nood vir kantoorverversings het terwyl die sportministerie die meeste tenders vir spyseniering uitgesit het. Van sy 236 tenders is 45 persent vir kos en van die was 107 spyseniering vir werkswinkels, opleidingsessies en meer.