Dadelproduksie huppel stadig voort
In 2021 het Namibië sy dadelprodukte by Expo 2020 Dubai ten toon gestel as deel van ‘n breër strategie om beleggings te lok en landbou-uitvoere ‘n hupstoot te gee, met die fokus op hoëwaarde-gewasse vir markte soos die Verenigde Arabiese Emirate, Amerika en Suid-Afrika. Uitdagings by die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, het egter vrae laat ontstaan oor die opvolgwerk en doeltreffendheid van hierdie inisiatiewe. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat meer insig gee oor hoe dadelproduksie ontspoor het.