NQA vra betaling vir evaluering van buitelandse kwalifikasies
Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid sal vanaf 2 Januarie fooie vra vir buitelandse kwalifikasies. Woordvoerder Lina Ndengu sit die redes daarvoor so uiteen.
Standaard evaluering sal 360 dollar kos met dringende aansoeke wat 720 dollar kos. As jy wil appelleer sal ‘n standaard appèl jou 210 dollar kos met ‘n dringende een wat 570 dollar beloop. Indien jy suksesvol appelleer word jou fondse terugbetaal. Gesertifiseerde afskrifte kos 24 dollar en duplikaat sertifikate, 210 dollar.